#AIG

Ons nooi jou na Afrikaans is Groot wat vanjaar in Pretoria en Kaapstad aangebied word.
Jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars is vanjaar te sien by Afrikaans is Groot!

Jy wil nie kunstenaars soos Riana Nel, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Corlea Botha, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en nog vele meer met die konsert misloop nie!
Daar is ook ‘n paar verrassings wat jy kan verwag.

Afrikaans is Groot is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaaklikheidskalender en is die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld.

Afrikaans is Groot 2019, wat aan die einde van die jaar in Pretoria aangebied word, se kaartjieverkope het reeds geopen en musiekliefhebbers gaan moet wikkel om dié belewenis te ervaar.

Verwag van die grootste name in Afrikaans - soos Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Demi Lee Moore, Jay du Plessis, Corlea Botha, Dewald Wasserfal, Ruhan du Toit, Riana Nel en nog vele meer.

Leer ken ons ander konserte


Afrikaans is Groot is die grootste Afrikaanse vertoning in Suid-Afrika met nege uitverkoopte vertonings in Pretoria en in 2019 het Kaapstad gegroei na vyf konserte!

Die vervaardigers van dié gesogte konsertreeks bied ook ander produksies van uitstaande gehalte aan. Classics is Groot, Alternatief is Groot, Sokkie is Groot en Country is Groot spog met die land se grootse kunstenaars op een verhoog.

  • Vir die eerste keer word vyf konserte in Kaapstad aangebied nadat kaartjies vir die eerste vier vertonings in rekordtyd uitverkoop is. Die vyfde konsert is ook reeds voor dié vertonings uitverkoop. Dit word aangebied op 14, 15, 16 en 17 Maart 2019.
  • Classics is Groot vind op 19 en 20 Julie vir die derde keer plaas en beloof om weer propvol hoogtepunte van nostalgie te wees.
  • Steve Hofmeyr se vertolking van ou country-gunstelinge vind jare lank reeds aanklank by gehore en nou kan aanhangers uitsien na Country is Groot wat op 26 April in Pretoria plaasvind met Demi Lee Moore, Riana Nel en Ricus Nel as Steve se gaste. Kaartjies vir dié vertoning is reeds weke voor die konsert uitverkoop.
  • Alternatief is Groot het op 16 Februarie 2019 vir die eerste keer plaasgevind en is by Loftus Versveld gehou. Met die grootste name in die alternatiewe mark wat op een verhoog was, was hierdie een groot jol! Konsertgangers is bederf met kunstenaars soos Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Sunset Sweatshop en Jack Parow.
  • Skoffel die aand om saam met van die land se grootste kunstenaars! Datums vir vanjaar se Sokkie is Groot is binnekort beskikbaar.
  • Kaartjieverkope vir vanjaar se gesogte Afrikaans is Groot-konserte is reeds in volle swang. Daar kan weer uitgesien word na van die land se grootste kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Jay, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Demi Lee Moore, Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Snotkop en Ruhan du Toit. Karen Zoid is ook vanjaar weer terug. Oudergewoonte sal daar ook ’n paar verrassings wees waarna gehore kan uitsien.

    Afrikaans is Groot 2019 vind op 22 November om 19:30, 23 November om 13:00 en 19:30, 24 November om 13:00, 29 November om 19:30, 30 November om 13:00 en 19:30 en 1 Desember om 13:00 by die Sun Arena by Time Square in Pretoria, plaas.
Tarryn Mal Oor JOu

#AiG2019

1 / 3

Classics is Groot

1 / 4

Alternatief

1 / 4

Maak kontak met die organiseerders

Stuur vir ons 'n e-pos of kontak ons vir meer inligting